Die wêreld in foto’s – 4 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Filippynse weermag skiet ’n saluut met ʼn a105 Howitzer-kanon ter ere van president Rodrigo Duterte tydens die viering van dié weermag se 120ste bestaansjaar. Foto: Bullit Marquez, AP

ʼn Diamant genaamd “Pink Star” is vir 71,2 miljoen dollar opgeveil deur Sotheby’s in Hong Kong. Hierdie bedrag is die hoogste wat nog op ʼn veiling in Asië verkry is. Foto: Vincent Yu, File, AP

ʼn Vrou en haar dogter huil tydens ʼn simboliese seremonie in St. Petersburg, Rusland. Talle mense het gesterf tydens ʼn bomontploffing in die stad se ondergrondse spoorweg. Foto: Dmitri Lovetsky, AP

Indonesiese polisie in Jakarta het verskeie wilde diere van onwettige handel gered ná natuurbewaarders dié aktiwiteite deur Instagram opgespoor het. Abdul Malik is vandag gearresteer toe wilde diere in hokke op sy perseel gevind is. Foto: Achmad Ibrahim, AP

Prins Phillip, Hertog van Edinburgh, oorhandig die Britain-Australia Society-toekenning vir 2016 aan die sangeres Kylie Minogue tydens ʼn privaat seremonie by Windsor-kasteel in Berkshire, Engeland. Foto: Steve Parsons, Pool, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Die Hertog van Edenburgh staan daar netjies uitgevat en pennetjie regop langs die mooie Kylie Minogue en niemand sou kon raai hy het al die 90 jaar ouderdom verbygesteek nie. En dis NIE ‘n ou ou foto nie. Ei, die seen van goeie gene darem!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.