Die wêreld in foto’s – 4 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

TV-kameras word buite die ingang van die King Edward VII-hospitaal in Londen opgestel. Koningin Elizabeth II se bejaarde man, prins Philip (96), ondergaan Woensdag ʼn heupoperasie in dié stad. Hy sukkel die afgelope paar weke met heuppyn. Hy het selfs ʼn aantal familiegeleenthede, soos die Paaskerkdiens, misgeloop. (Foto: Frank Augstein, AP)

Pendelaars daag Woensdag by die Saint-Lazare-treinstasie in Parys op in die eerste van ʼn reeks stakings wat oor die volgende drie maande sal duur. ʼn Groot Franse spoorwegstaking het dié land se beroemde hoëspoedtreine tot stilstand gebring, passasiers gestrand gelaat, en word bestempel as die grootste toets tot dusver vir president Emmanuel Macron se ekonomiese strategie. (Foto: Christophe Ena, AP)

Pous Franciscus spreek sy seën uit tydens sy weeklikse oudiënsie op St. Petersplein in die Vatikaanstad. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Skoolkinders plant Woensdag wortelbome aan die Golfkus van Djakarta, Indonesië. (Foto: Zulkarnain, Xinhua)

Elisabetta Casellati, die woordvoerder van die senaat, verlaat Rome se Quirinale- presidensiële paleis ná gesprekke met die Italiaanse president, Sergio Mattarella, oor die totstandkoming van ʼn nuwe regering. (Foto: Ettore Ferrari, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.