Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kandidate vir vanjaar se Mej. Filippyne-skoonheidskompetisie is Donderdag in Manila aan die media voorgestel. Soveel as 40 vroue het ingeskryf om mee te ding vir hierdie titel. (Foto: Bullit Marquez, AP)

Wladimir Poetin (regs), Russiese president, gesels met Benjamin Netanyahu, Israelse eerste minister, tydens hulle vergadering Donderdag in die Kremlin in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

’n Man loop Donderdagoggend vroeg met sy honde aan die buitewyke van Frankfurt in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Aandete word bedien by Ghetto Gastro se Labyrinth 1.1 in die Bronx, New York, tydens “Beyond Beef”, Beyond Meat se jongste produkontwikkeling. Met hierdie “Toekoms van proteïen”-inisiatief fokus Beyond Meat daarop om vleis direk van plante sonder soja, gluten of GMO’s te maak. (Foto: Stuart Ramson, AP)

Celine Dion kondig die Courage-wêreldtoer, wat op 18 September begin, by ’n spesiale geleentheid by die Theatre at Ace Hotel in Los Angeles aan. (Foto: Richard Shotwell, AP)