Die wêreld in foto’s – 4 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Vuurpyl, wat glo die Noord-Koreaanse satelliet Kwangmyongsong-4 bevat, styg op by die Sohae-lanseerblad in Tongchang-ri, Noord-Korea. Noord-Koreaanse ruimte-amptenare is tans druk besig met ʼn vyfjaarplan om nog satelliete in die Aarde se wentelbaan te plaas. Die Noord-Koreaanse ruimtediens se einddoel is om die Maan te bereik. Foto: Korean Central News Agency/Korea News Service via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Forensiese beampte van die Londense polisie ondersoek die toneel in Russell Square, sentraal-Londen, waar ʼn mes-aanval plaasgevind het. Een vrou is dood en nog ander mense is beseer in die aanval vroeg Donderdagoggend in ʼn sentrale deel van Londen. Foto: Yui Mok/PA via AP/ wire.africannewsagency.com

Jemeense seuns stap deur die puin van ʼn huis wat vernietig is tydens lugaanvalle van die Saoedi-gesteunde koalisie in Sanaa, Jemen. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het ʼn beroep op die Veiligheidsraad gedoen om alles in hul vermoë te doen om kinders tydens gewapende konflik te beskerm. Foto: Xinhua/Hani Ali/wire.africannewsagency.com

Kampeerders in die Putah-spruit naby die Berryessa-meer, Kalifornië, maak reg om te gaan slaap terwyl ʼn wegholbrand stadig maar seker naderkruip. Foto: Kent Porter/The Press Democrat via AP/wire.africannewsagency.com

Staatsamptenare neem aan ʼn byeenkoms deel om mense aan te moedig om te stem in ʼn komende referendum in Bangkok, Thailand. Die land hou Sondag ʼn refendum oor ʼn nuwe grondwet, soos versoek deur Thailand se militêre regering. Thailand se weermag het aan bewind gekom na ʼn staatsgreep in 2014. Die plakkate lui “Stem in die 7 Augustus Referendum” en “Neem deel aan die referendum om ons demokrasie te versterk”. Foto: AP Photo/Sakchai Lalit/wire.africannewsagency.com

ʼn Beer ry op ʼn vullisvragmotor rond by die Los Alamos Nasionale Laboratorium in Los Alamos, Nieu-Mexico. Minstens 30 werknemers van die nasionale park het saamgdrom om die skouspel te aanskou en het die vragmotorbestuurder aangeraai om na ʼn nabygeleë boom te ry. Die beer het in die boom geklouter en vir meer as ʼn uur daar gewag, voordat dit terug in die bos in gehardloop het. Foto: Evan Welsch via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Beer ry op ʼn vullisvragmotor rond by die Los Alamos Nasionale Laboratorium in Los Alamos, Nieu-Mexico. Minstens 30 werknemers van die nasionale park het saamgedrom om die skouspel te aanskou en het die vragmotorbestuurder aangeraai om na ʼn nabygeleë boom te ry. Die beer het in die boom geklouter en vir meer as ʼn uur daar gewag, voordat dit terug in die bos in gehardloop het. Foto: Evan Welsch via AP/ wire.africannewsagency.com

Cypriote betoog in die Turks-beheerde noordelike gedeelte van Nicosia, die hoofstad van Ciprus. Sowat 1 500 mense het voor die die Turkse parlement in Ciprus byeengekom om beswaar te maak teen die skepping van ʼn “koördineringskomitee”. Die komitee gebruik glo kulturele befondsing en sportprojekte om die burgers van Ciprus in ʼn meer Islamitiese leefwyse in te dwing. Foto: AP Photo/Philippos Christou/wire.africannewsagency.com

Besoekers ervaar ʼn Viking-styl bootrit tydens die Viking-fees in Leknes, ʼn dorpie in Noorweë se Lofoten-eilande. Die vyfdaagse Viking-fees het op die Lofoten-eilande begin, waar deelnemers Viking-klere, wapens en lewensstyl vertoon het. Foto: Xinhua/Liang Youchang/ wire.africannewsagency.com

Besoekers ervaar ʼn Viking-styl bootrit tydens die Viking-fees in Leknes, ʼn dorpie in Noorweë se Lofoten-eilande. Die vyfdaagse Viking-fees het op die Lofoten-eilande begin, waar deelnemers Viking-klere, wapens en lewensstyl vertoon het. Foto: Xinhua/Liang Youchang/wire.africannewsagency.com

Lede van Japan se gesinchroniseerde swemspan neem aan ʼn oefensessie deel by die Maria Lenk Akwatiese Sentrum ter voorbereiding vir die 2016 Olimpiese Somerspele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: AP Photo/Wong Maye-E/wire.africannewsagency.com

ʼn Ondersteuner juig tydens ʼn vroue sokkerwedstryd tussen China en Brasilië by die Olimpiese Stadion in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: Xinhua/Lin Yiguang/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.