Die wêreld in foto’s – 4 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Besoekers staan in rye by ʼn galery in Florence in Italië. Die galery moes sy deure sluit vanweë die foutiewe lugverkoelingstelsel. Die tegniese span werk hard sodat die deure van die galery weer kan open. (Maurizio Degl’Innocent/ANSA, AP)

Die regering in Indië verwilder Kasjmirse betogers met traangas. (Dar Yasin, AP)

ʼn Kettingwinkel in Frankfurt in Duitsland het al die eiers aan hul winkels onttrek vanweë moontlike vergifting. (Michael Probst, AP)

Talle bome is beskadig tydens storms wat in Minsk in Belarus gewoed het. (Sergei Grits, AP)

Inwoners van Diantou, ʼn dorpie in Suidwes-China, aan’t groente oes. (Foto: Yang Zongyou, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.