Die wêreld in foto’s – 4 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie is daar oorstromings in Mumbai, Indië, ná swaar reënval die afgelope tyd. Indië se reënseisoen (moeson) duur jaarliks van Junie tot September en lei tot vloede wat die alledaagse lewe ontwrig.

ʼn Man probeer deur ʼn venster van ʼn bus klim in Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Mans op ʼn motorfiets ry deur vloedwater in Mumbai, Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Vroue loop in ʼn oorstroomde pad tydens swaar reën. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Pendelaars loop in ʼn oorstroomde straat in Mumbai. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

ʼn Man sukkel deur vloedwaters in Mumbai, Indië. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.