Die wêreld in foto’s – 4 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Blommerangskikking by die 2017 Fortune-forum wat van 6 tot 8 Desember in Guangzhou, China, aangebied word (Foto: Liang Xu, Xinhua)

Brigitte Macron, presidentsvrou van Frankryk, Maandag by ʼn naamgewingsgeselligheid van ʼn pasgebore panda wat in die Beauval-dieretuin in Saint-Aignan-sur-Cher gebore is. Die panda se naam is Yuan Meng. (Foto: Thibault Camus, AP)

ʼn Man op ʼn fiets ry verby ʼn vuurpyl uit die Sowjet-era by ʼn vlootbasis in die Russiese hawedorp Kronstadt, sowat 30 km wes van St. Petersburg. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)

ʼn Man wat soos Kersvader aangetrek is duik in ʼn akwarium in by die Multimar Wattforum in Toenning in Duitsland. (Foto: Wolfgang Runge, AP)

Sonsopkoms oor Tynemouth Longsands in South Shields, Engeland. (Foto: Owen Humpreys, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.