Die wêreld in foto’s – 4 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Voertuig staan voor ’n huis wat in puin gelê is deur die Camp Fire in Paradise, Kalifornië. (Foto: Noah Berger, AP)

Die doodskis van die voormalige Amerikaanse president George HW Bush word na die ingang van die Amerikaanse Kongresgebou gedra waar hy in Washington, DC, Verenigde State, ter ruste gelê sal word. Bush, die 41ste president van Amerika, het op 30 November in die ouderdom van 94 jaar gesterf. (Foto: Liu Jie, Xinhua)

Danseresse van die Candoco-dansgeselskap tree op in Athene, Griekeland. ’n Kontemporêre dansoptrede van mense met asook sonder gestremdhede is Maandagaand by die Athene-konsertsaal gehou ter viering van die Internasionale Dag van Persone met Gestremdhede. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

’n Mynwerkersorkes masjeer Dinsdag buite die Nikiszowiec-landgoed op Barborka-myndag in Katowice Nikiszowiec, Pole. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

Nanook die ysbeer speel Dinsdag met ’n bal op haar eerste verjaardag in die Gelsenkirchen-dieretuin in Wes-Duitsland. (Foto: Marcel Kusch, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.