Die wêreld in foto’s – 4 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kunstenaars van die Russiese sirkus lewer ’n vertoning op ys gedurende die “A Winter Fairy Tale”-vertoning in Wiesbaden, Duitsland. (Foto: Lu Yang, Xinhua)

’n Besoeker (verskyn nie in die foto nie) probeer om ’n papegaai gedurende die 2019 Wildlife Festival in Toronto, Kanada, te voer. Meer as 40 lewende diere, van papegaaie, reuseslange, aasvoëls tot luidiere en vele meer, is by hierdie fees te sien as bewusmaking van die redding en bewaring van diere. (Foto: Zou Zheng, Xinhua)

’n Kanon word afgevuur deur Sri Lanka se vlootsoldate gedurende ’n geweersaluut ter herdenking van die land se 71ste onafhanklikheidsviering van die Britse koloniale oorheersing in Colombo. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Ondersteuners van die Demokratiese Party wag by die Thailand-Japan jeugsentrum in Bangkok, Thailand, vir die party se leier, Abhisit Vejjajiva, om aan te kom vir die registrasie van die kandidate wat in die komende algemene verkiesing gaan meeding. Die registrasieproses vir kandidate wat vir die parlementêre verkiesings geregistreer is, sal op 24 Maart plaasvind. (Foto: Wason Wanichakorn, AP)

Kambodja se Sjinese gemeenskap bid voor die Royal Palace in Phnom Penh as deel van die Chinese Nuwejaarsvieringe. (Foto: Heng Sinith, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.