Die wêreld in foto’s – 4 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brandbestryders besig om vlamme te blus nadat ʼn brand tydens ʼn opstand in ʼn tronk in Indonesië ontstaan het. (Foto: Heri Juanda, AP)

Mans vang vis vir aandete in ʼn dam aan die buitewyke van Phnom Penh in Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

ʼn Landingstrook naby die Moselle-rivier in Duitsland is dié week oorstroom toe die rivier se watervlak met 4 m gestyg het as gevolg van swaar reën in die gebied. Die rivier is tans vir alle skepe gesluit. (Foto: Harald Tittel, AP)

ʼn Trop van sowat 120 buffels trek van hulle winterhabitat in die Kiskunsag-wildtuin na ʼn plaas suid van Boedapest in Hongarye. (Foto: Sandor Ujvari, AP)

ʼn Lugfoto van ʼn vleiland in ʼn woud naby Hefei in China se Anhui-provinsie wys die sneeuneerslag wat al sedert Woensdag op verskeie plekke in China voorkom. (Foto: Guo Chen, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.