Die wêreld in foto’s – 4 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense steek kerse aan by die toneel van ʼn massiewe motor-bomaanval in Karada, ʼn besige winkeldistrik in die middel van Bagdad, waar mense inkopies gedoen het vir die komende Eid al-Fitr-vakansie wat die einde van die heilige maand Ramadaan vier. Volgens ʼn amptenaar van die Irakse ministerie van binnelandse sake is meer as 100 mense gister in dié aanval dood, waarvoor die Islamitiese Staat verantwoordelikheid aanvaar. Foto: Hadi Mizban via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Pa kyk na sy pasgebore baba by die 1ste Geaffilieerde Hospitaal van Anhui Mediese Universiteit in Hefei, hoofstad van Oos-China se Anhui-provinsie. Sedert 1 Januarie vanjaar laat China toe dat getroude paartjies twee kinders mag kry, wat die toepassing van die “een kind-”beleid sedert die laat 1970’s beëindig het. Verloskunde-departemente het met die geboorte van meer babas een van die besigste afdelings in hospitale geword. Foto: Xinhua/Guo Chen(lfj)/ wire.africannewsagency.com

Besoekers kyk na kunsvlytwerk tydens die Lissabon Internasionale Handwerk-handelskou in Portugal. Dié handelskou, wat in 1988 begin is, het een van die grootste skoue van sy soort in die Iberiese Skiereiland geword. Meer as 600 handwerkvervaardigers en -ontwerpers van sowat 40 lande en streke het die skou bygewoon wat meer as 100 000 besoekers in nege dae getrek het. Foto: Xinhua/Zhang Liyun/ wire.africannewsagency.com

Mense neem deel aan die 10de jaarlikse “Sondagmiddag-salsa” waarin inwoners van alle ouderdomme ʼn dag geniet deur aan te sluit by ʼn gratis salsa-dansklas wat die Robsonplein in die middestad van Vancouver in Kanada in ʼn openbare dansbaan omskep. Foto: Xinhua/Liang Sen/ wire.africannewsagency.com

Maori-studente voer die tradisionele Haka-dans op tydens ʼn parade ter viering van die Maori Taalweek in Wellington, Nieu-Seeland. Duisende mense het opgedaag by die viering van Te Reo Maori (die Maori-taal) wat van 4 tot 10 Julie duur. Foto: Xinhua/Su Liang/ wire.africannewsagency.com

Toeskouers kyk na ʼn vuurwerkvertoning op ʼn brug in Bloomington, Minnesota. Die stad van Bloomington het gister ʼn Onafhanklikheidsdagviering by die Normandalemeer gehou. Foto: Isaac Hale/Star Tribune via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Palestynse man inspekteer die beskadigde huis van Anan Abu Habsa in die vlugtelingkamp van Qalandia noord van Jerusalem, wat deur die Israelitiese weermag gesloop is. Die Israelitiese weermag het die huise van twee Palestyne, Issa Assaf en Anan Abu Habsa, gesloop. Volgens Israeliese polisie het die twee Palestyne verlede Desember ʼn Israeliet met ʼn mes buite Jerusalem doodgesteek waarna hulle self doodgeskiet is. Foto: Nasser Nasser via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Onbekende familielid van een van die slagoffers van die aanval op die Holey Artisan Bakery by ʼn huldeblyk aan die oorledenes by ʼn stadion in Dhaka, Bangladesj. Die aanval deur militante, wat talle mense gyselaar geneem het, op die restaurant in Dhaka se diplomatieke sone, dui op ʼn toename in militante geweld in die Moslem-meerderheidsnasie. Foto: AP via wire.africannewsagency.com

Kambodjaanse kinders samel skrootmateriaal in op ʼn pad in die dorpie Anlong Kgnan in Kambodja. Hierdie kinders verdien ongeveer $2 per dag en draai stokkies by die skool om die skrootmateriaal in te samel. Foto: Heng Sinith/ wire.africannewsagency.com

Werkers sny nagemaakte handsakke op tydens ʼn simboliese vernietiging van vervalste goedere in die voorstedelike gebied van Quezonstad in die Filippyne. Die vernietiging beklemtoon die regering se stryd teen vervalsing en roofkopiëring. Die Kantoor vir Intellektuele Eiendom het beslag gelê op miljoene dollar vervalste goedere in die eerste vyf maande van die jaar. Foto: Bullit Marquez via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.