Die wêreld in foto’s – 4 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Australië se Ashleigh Barty slaan die bal na België se Alison van Uytvanck tydens ʼn vroue-enkelwedstryd op die vierde dag van die Wimbledon-tennistoernooi in Londen. (Foto: Ben Curtis, AP)

Hongarye se Yvonne Turner (regs) probeer punte aanteken terwyl Brittanje se Cheridene Green teen haar verdedig tydens die 2019 Eurobasket Europese basketbaltoernooi se vroue-kwarteindstryd tussen Hongarye en Engeland in Belgrade, Serwië. (Foto: Darko Vojinovic, AP)

Brittanje se Prins William, die hertog van Cambridge en ook die president van The Royal Marsden NHS Foundation Trust, praat met ʼn pasiënt tydens sy besoek aan die Royal Marsden in Chelsea, Londen. (Foto: Frank Augstein Pool, AP)

Wes-Indië se kolwer, Nicholas Pooran, reageer nadat hy uit is vir 118 lopies tydens die Krieketwêreldbekerwedstryd tussen Sri Lanka en Wes-Indië by die Riverside Ground in Chester-le-Street, Engeland. (Foto: Scott Heppell, AP)

ʼn Indiese man verkoop sambrele by ʼn woongebied naby ’n strand in Moembai, Indië. Swaar reën in Maharashtra het sedert Maandagaand tot meer as 30 sterftes gelei. Die redes vir die dodetal kan onder meer toegeskryf word aan verdrinkings sowel as mure wat ineengestort het. Talle ander inwoners is in die proses beseer. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.