Die wêreld in foto’s – 4 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Moslems bid buite die Moskou Katedraal Moskee in Moskou, Rusland, gedurende die Eid al-Fitr-viering, ʼn fees wat deur Moslems wêreldwyd gevier word. Eid al-Fitr vind plaas aan die einde van die Moslems se heilige maand van Ramadaan. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

President Donald Trump (links in die middel) en Britse eerste minister Theresa May (regs in die middel) praat gedurende ʼn sakegesprek by die St. James-paleis in Londen. (Foto: Alex Brandon, AP)

Switserland se Stan Wawrinka dien teen Switserland se Roger Federer gedurende die kwarteindronde-wedstryd van die Franse Ope-tennistoernooi by die Roland Garros-stadion in Parys. (Foto: Michel Euler, AP)

ʼn Vrou loop langs die Margitbrug op die oewer van die Donaurivier in Boedapest, Hongarye, waar ’n veerboot Woensdag 9 Mei omgeslaan het. Die liggame van nog twee slagoffers wat op dié toerboot was, is Maandag deur duikers gevind. (Foto: Laszlo Balogh, AP)

Straatverkopers loop langs ʼn bergpad in Dharmsala, Indië, en verkoop spookasem. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.