Die wêreld in foto’s – 4 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig. China is een van die lande wat ʼn hewige boete en tronkstraf van ses maande oplê vir oortreders wat nie afstandshandhawing toepas nie

Talle mense het in Victoria Park in Causeway Bay, Hongkong, byeengekom om die slagoffers van die Tiananmen-plein-slagting te gedenk.

Honderde mense (party bronne voer aan duisende) het op dié dag, 4 Junie 1989, die lewe gelaat toe ʼn studenteprotes vir Chinese burgerregte tot ʼn reusebetoging gelei het, wat uiteindelik met geweld deur die owerheid beëindig is.

Só herdenk Chinese die slagoffers van die Tiananmen-plein-slagting in Hongkong.

ʼn Gedenkbyeenkoms in Victoria Park in Causeway Bay, Hongkong. (Foto: Vincent Yu, AP)

ʼn Vrou hou ʼn kers vas tydens ʼn gedenkbyeenkoms vir slagoffers van die 1989 Tiananmen-plein-slagting. (Foto: Kin Cheung, AP)

ʼn Aktivis hou ʼn kers vas tydens ʼn gedenkbyeenkoms vir slagoffers van die 1989 Tiananmen-plein-slagting. (Foto: Kin Cheung, AP)

Mense hou kerse vas tydens die gedenkbyeenkoms in Hongkong. (Foto: Kin Cheung, AP)

Die gedenkbyeenkoms ter nagedagtenis aan die slagoffers van die Tiananmen-plein-slagting in 1989. (Foto: Vincent Yu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.