Die wêreld in foto’s – 4 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kinders in kostuums neem deel aan die Murter karnavalparade in Murter, Kroasië. (Foto: Hrvoje Jelavic, Xinhua)

’n Federahannes, ’n Rottweiler figuur, leun op sy stok terwyl hy in die lug opspring gedurende die tradisionele “Rottweiler Narrensprung” (Rottweil fool’s jump) tydens karnavalvieringe in Rottweil, Duitsland. (Foto: Patrick Seeger, AP)

Mense besoek die 2019 Toronto Internasionale Fietsuitstalling in Toronto, Kanada. Hierdie internasionale fietsuitstalling word as een van die grootste fietsuitstallings ter wêreld beskou en vind vanaf 1 tot 3 Maart plaas. (Foto: Zou Zheng, Xinhua)

’n Satiriese vlot uit plastiek om oseaanbesoedeling uit te beeld tydens die karnavalparade in Keulen. (Foto: Oliver Berg, AP)

Deelnemers neem deel aan die 19de jaarlikse Chicago Polar Plunge by die North Avenue Beach in Chicago, Illinois. Chicago het die 19de jaarlike Chicago Polar Plunge Sondag aangebied om geld vir die Special Olympics Chicago atlete in te samel. (Foto: Joel Lerner, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ettienne ·

Die laaste foto….”666247″…..sjoe, sterkte vir eendag wanneer jou fout geopenbaar gaan word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.