Die wêreld in foto’s – 4 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sosiale media gons behoorlik nadat koningin Elizabeth II se mees senior beamptes die hele koninklike huishouding se personeel na Buckingham-paleis ontbied het vir ʼn noodvergadering. Foto: Alastair Grant, AP

Suid-Koreaanse soldate maak gereed om hul stem dik te maak vir die presidensiële verkiesing op 9 Mei in Seoel, Korea. Foto: Lee Jin-man, AP

Polisiebeamptes en brandbestryders probeer ʼn groot vuur blus op ʼn plaas by Beidahe, in die outonome streek Mongolië. Foto: Lian Zhen, Xinhua

Toeriste ry op kamele op die Mingsha Sand-berg in Dunhuang in China se Gansu-provinsie. Foto: Fan Peishen, Xinhua

Meisies in Longnan City in China se Gansu-provinsie dra tradisionele Chinese drag genaamd Hanfu tydens ʼn modeskou. Foto: Ran Chuangchang, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.