Die wêreld in foto’s – 4 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Italië het Maandag na twee maande se landwye afsondering ekonomiese bedrywighede hervat en 4,4 miljoen Italianers het teruggekeer werk toe.

Só lyk Milaan na die afsonderingstydperk.

ʼn Vrou draf verby die Sforza-kasteel in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

ʼn Vrou waai ʼn Italiaanse vlag by die Duomo-plein in Milaan, Italië, tydens ʼn protesoptog teen die regering en vir die reg om te mag werk. (Foto: Luca Bruno, AP)

Polisie patrolleer voor die Duomo- gotiese katedraal tydens ʼn protesoptog. (Foto: Luca Bruno, AP)

ʼn Bejaarde vrou loop deur die Duomo-plein in Milaan, Italië. (Luca Bruno, AP)

ʼn Afleweringswerker loop langs sy fiets in die Galleria Vittorio Emanuele II in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.