Die wêreld in foto’s – 4 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ganse vlieg verby die Europese Sentrale Bank in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Brandweermanne probeer steeds om die veldbrand in Santa Paula, Kalifornië, te blus. Volgens die Ventura County-brandweerdepartement is meer as 8 000 ha deur die brand vernietig. (Foto: Noah Berger, AP)

President Donald Trump waai vir verslaggewers nadat hy met hulle gepraat het by die Wit Huis in Washington. (Foto: Manuel Balce Ceneta, AP)

Suid-Afrika se kaptein, Siya Kolisi, hou die Webb Ellis-beker saam met die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, omhoog. Die Bokke het Engeland in die Rugbywêreldbeker-eindstryd geklop by die Internasionale Yokohama-stadion in Yokohama, Japan. (Foto: Christophe Ena, AP)

Vrywilligers en polisiemanne met gesigsmaskers op staan by ’n besige padkruising in Nieu-Delhi, Indië. Die owerhede in Nieu-Delhi beperk die gebruik van private voertuie op paaie om só lugbesoedeling te verminder. (Foto: Manish Swarup, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.