Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kei Nishikori van Japan slaan ʼn bal onderdeur sy bene tydens die Japanse Ope in Tokio. Hy het in dié wedstryd teen Joao Sousa van Portugal gespeel. Foto: Eugene Hoshiko / AP
Koning Carl Gustaf en koningin Silvia van Swede kom aan op die Tegel-lughawe in Berlyn, Duitsland. Dié koninklikes is vir vier dae op besoek aan Duitsland. Foto: Joerg Carstensen /AP
Die Switserse tennisspeler Roger Federer en sy vrou, Mirka, saam met Franse sakeman, belegger en kunsversamelaar Bernard Arnault en sy vrou, Helene Mercier, by die bekendstelling van Louis Vuitton se lente/somerversameling in Parys. Foto: Francois Mori /AP
Deelnemers by ʼn leeudans-kompetisie in Nanning in die Guangxi Zhuang-streek in die suide van China. Altesaam 16 plaaslike spanne het deelgeneem. Foto: Lu Bo’an / Xinhua
Esdorings in herfsgewaad in die Dashihu-park in Benxi in China se noordoostelike Liaoning-provinsie. Foto: Pan Yulong / Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.