Die wêreld in foto’s – 4 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

1)Mense kyk na uitstallings by die Shandong wetenskap- en tegnologiemuseum in Jihan, die hoofstad van die Shandong-provinsie in China. Baie ouers het hul kinders hierheen gebring om deel te neem aan die aktiwiteite wat aangebied is. (Xinhua/ AP Photos)

Mense kyk na uitstallings by die Shandong wetenskap- en tegnologiemuseum in Jihan, die hoofstad van die Shandong-provinsie in China. Baie ouers het hul kinders hierheen gebring om deel te neem aan die aktiwiteite wat aangebied is. (Xinhua/ AP Photos)

Pous Francis staan voor die puin in Amatrice in Italië, wat onlangs deur ʼn aardbewing getref is. Die pous het nie ʼn datum bekendgemaak wanneer hy sou gaan nie en het toe alleen gereis “om naby aan die mense te wees”. (L'Osservatore Romano/ Pool Photo via AP)

Pous Francis staan voor die puin in Amatrice in Italië, wat onlangs deur ʼn aardbewing getref is. Die pous het nie ʼn datum bekendgemaak wanneer hy sou gaan nie en het toe alleen gereis “om naby aan die mense te wees”. (L’Osservatore Romano/ Pool Photo via AP)

Spanje se Rafael Nadal slaan die bal in die eerste rondte van die mans-enkelspel teen Paulo Lorenzi van Italië by die Chinese Ope in Beijing. (Xinhua/AP Photos)

Spanje se Rafael Nadal slaan die bal in die eerste rondte van die mans-enkelspel teen Paulo Lorenzi van Italië by die Chinese Ope in Beijing. (Xinhua/AP Photos)

ʼn Model dra ʼn skepping van Chanel se lente/somer reg-om-te-dra 2017-versameling in Parys. (AP Photo/Francois Mori)

ʼn Model dra ʼn skepping van Chanel se lente/somer reg-om-te-dra 2017-versameling in Parys. (AP Photo/Francois Mori)

Indiërs kom bymekaar by ʼn godsdienstige optog voor die Dussehra-fees in Allahabad in Indië. Dié fees vier die oorwinning van goed oor kwaad. (AP Photo/Rajesh Kumar Singh)

Indiërs kom bymekaar by ʼn godsdienstige optog voor die Dussehra-fees in Allahabad in Indië. Dié fees vier die oorwinning van goed oor kwaad. (AP Photo/Rajesh Kumar Singh)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.