Die wêreld in foto’s – 4 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Rory McIlroy van Noord-Ierland Donderdag tydens ’n gholf-geleentheid op die Aletsch-gletser, 3’454 m bo seevlak op Jungfraujoch, Switserland. (Foto: Anthony Anex, AP)

Naomi Osaka van Japan Donderdag in aksie teen Julia Goerges van Duitsland tydens die China Ope by die Nasionale Tennisstadion in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

’n Man hou Donderdag die Indiese aandele indeks op ’n skerm dop by die Mumbai-aandelebeursgebou in Mumbai, Indië. Aandele in dié land het gedaal weens die verswakte waarde van die rupee en die land se handelstekort as gevolg van die stygende koste van olie-invoere. Die rupee het 73,71 teen die Amerikaanse dollar verhandel nadat dit ’n rekordlaagte van 73,81 getref het. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, land Donderdag by die Lilongwe Internasionale Lughawe in Lumbadzi, Malawi. Die presidentsvrou gaan oor vyf dae vier Afrika-lande besoek op haar eerste solo internasionale reis. Die toer sal op die welsyn van kinders fokus. (Foto: Carolyn Kaster, AP)

Rosmah Mansor, die voormalige Maleisiese premier Najib Razak se vrou, verlaat Donderdag ’n hof in Kuala Lumpur, Maleisië. Mansor is van geldwassery en belastingontduiking aangekla. (Foto: Chong Voon Chung, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.