Die wêreld in foto’s – 4 September 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Man stap Dinsdag voor ’n vasgemeerde veerboot tydens die tweede dag van stakings in die hawe van Piraeus naby Athene. Bemanningslede van die Griekse veerbote het Maandag besluit om nog ’n dag te staak, wat duisende toeriste gestrand laat op dié land se gewilde eilandbestemmings. (Foto: Thanassis Stavrakis, AP)

Lede van die Nasionale Ballet van China tree op by die Chinese Kulturele Sentrum in Kaïro, Egipte. Dié Chinese balletgroep is tans op besoek aan Egipte en bied ’n reeks kortprogramme aan, waaronder klassieke en moderne balletvertonings. (Foto: Ahmed Gomaa, Xinhua)

Sahra Wagenknecht daag Dinsdag op vir die eerste mediakonferensie van die nuwe politieke beweging, Stand Up, in Berlyn, Duitsland. Wagenknecht is die mede-faksieleier van die linkse Duitse party. (Foto: Michael Sohn, AP)

’n Deelnemer hardloop by die Grand Col Ferret in die 170 km lange Ultra-Trail of Mont Blanc-wedloop (UTMB) naby Courmayeur in Italië. Hierdie wedloop, in die hartjie van die Mont Blanc-gebied, word deur talle as die wêreld se moeilikste ultra-uithouwedloop beskou. (Foto: Laurent Cipriani, AP)

Pasgetroudes poseer Dinsdag vir fotograwe terwyl Brexit-betogers vlae teen die parlementsgebou in Londen ophang. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.