Die wêreld in foto’s – 4 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het ʼn Pakistanse hof beslis dat ʼn olifant in Kambodja hervestig word nadat diereregte-aktiviste ʼn veldtog van stapel gestuur het oor die 35-jarige olifant se toestand.

Veeartse van die internasionale dierebeskermingsorganisasie Four Paws het Vrydag die olifant Kaavan by die Marghzar-dieretuin in Islamabad, Pakistan, ondersoek voordat hy na die diereskuiling in Kambodja oorgeplaas word.

Kaavan gee sy slurp vir ʼn Four Paws-veearts. (Foto: Anjum Naveed, AP)

Veeartse ondersoek die 35-jarige olifant in die Marghzar-dieretuin in Islamabad, Pakistan. (Foto: Anjum Naveed, AP)

ʼn Span veeartse spreek lede van die media toe tydens ʼn besoek aan Kaavan. (Foto: Anjum Naveed, AP)

Veeartse bepaal die olifant se toestand. (Foto: Anjum Naveed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.