Die wêreld in foto’s – 5 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Britse polisiebeamptes Woensdag by die gedenkdiens naby die Westminster-brug in Londen. Dié diens het plaasgevind twee weke nadat Khalid Masood etlike voetgangers afgemaai het deur met ʼn voertuig tussen hulle in te jaag en ook ʼn polisiebeampte met ʼn mes buite die parlementsgebou gesteek het. Foto: Matt Dunham, AP

Die Dalai Lama, die Tibettaanse spirituele leier, groet volgelinge in die Boeddha-park in Bomdila in die Indiese staat Arunachal Pradesh. Foto: Tenzin Choejor, AP

Twee Palestynse kinders eet roomys buite hul huis in die Shati-vlugtelingkamp in Gasastad. Foto: Wissam Nassar, Xinhua

ʼn Lugfoto van die blomtuin wat by ʼn afgeleë myn in Sanhe, ʼn dorpie in die ooste van China se Zhejiang-provinsie, aangelê is. ʼn Uitgewerkte myn in dié dorpie is deesdae die hart van ʼn blombedryf. Foto: Xu Yu, Xinhua

ʼn Olifant eet van die offerandes wat Hindoes in die Tawi-rivier in die Indiese stad Jammu gelaat het as deel van die einde van die jaarlikse Navaratri-fees. Dié fees van nege dae het Woensdag tot ʼn einde gekom. Foto: Channi Anand, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Opmerklik ·

Opmerklik is die gebruik wat gevind is vir die uitgewerkte myn in China. Wonder wat sou SA met dit gedoen het? Tog dink ek ek weet: DAGGAplantasie . . .

SARIE VAN HEERDEN ·

In die Yskor myn dae is die uitgrawery by myne agterna mooigemaak. Weet nie nou nie. Alles word nou anders gedoen. Seker net die myn se naam verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.