Die wêreld in foto’s – 5 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Toeriste verkyk hulle Donderdag aan blomme in Xinghua in China se Jiangsu-provinsie tydens die driedaagse Qingming-fees. (Foto: Chen Wei, Xinhua)

Brigitte Macron, die vrou van pres. Emmanuel Macron van Frankryk, luister na hospitaalpersoneel tydens ʼn besoek aan die Rouen-hospitaal in Normandië. Macron het Donderdag ʼn lank verwagte outisme-plan vir dié land met ’n skokkende agterstand in die verskaffing van basiese onderwys en sorg vir mense met outisme, aangekondig. (Foto: Christophe Ena, AP)

Wladimir Poetin, die Russiese president, lei Donderdag ʼn vergadering van die Staatsraad in die Kremlin in Moskou, Rusland. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

Silvio Berlusconi, leier van die Forza Italia-party, saam met Mariastella Gelmini (links) en Anna Maria Bernini, staan joernaliste te woord by die Quirinale-paleis nadat hulle met die Italiaanse president, Sergio Mattarella, in Rome gesprek gevoer het. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

ʼn Vrou steek kerse aan langs ʼn familielid se graf in Copaciu in suidelike Roemenië. Ortodokse Christene in klein dorpies is voor sonop op Wit Donderdag gedurende die Paastyd (ʼn week nadat die Weste Paasfees gevier het) na plaaslike begraafplase as deel van ʼn eeue oue ritueel. Hul brand dan kerse en wierook en los sakke kos vir wie dit ook al wil eet. (Foto: Vadim Ghirda, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.