Die wêreld in foto’s – 5 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Justin Trudeau (tweede van links), die premier van Kanada, praat met Zhang Dejiang, die voorsitter van die staande komitee van die nasionale volkskongres, tydens ʼn vergadering in die Great Hall of the People in Beijing. (Foto: Sean Kilpatrick, AP)

Noord-Korea se nasionale vrouesokkerspan (in rooi) daag op by die Haneda Internasionale Lughawe in Tokio. Noord-Korea sê die stryd aan teen Japan, China en Suid-Korea in die E1-sokkerkampioenskap wat in Japan gehou word. (Foto: Shizuo Kambayashi, AP)

Weldoeners gee aalmoese aan Boeddhistiese monnike tydens die viering van wyle koning Bhumibol Adulyadej se verjaardag by die Dusit-paleis in Bangkok, Thailand. (Foto: Rachen Sageamsak, Xinhua)

ʼn Vrou loop deur die vloedwaters in die Sei Rampah-dorpie in Medan in Indonesië. ʼn Vloed het onlangs verskeie gebiede in die omgewing getref en duisende mense gedwing om hul huise te verlaat en tydelike skuiling te vind. (Foto: YT Haryono, Xinhua)

Die water in die Geelrivier in die noorde van China het begin vries. Die lengte van die gevriesde gedeelte beloop reeds 139 km sedert Maandag. (Foto: Deng Hua, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.