Die wêreld in foto’s – 5 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Thomas Bach (middel), president van die Internasionale Olimpiese Komitee, verken die Olimpiese- dorpie Pyeongchang in die aanloop tot die 2018 Winter Olimpiese Spele in Suid-Korea. (Foto: Patrick Semansky, AP)

Sneeu bedek die Rooiplein met die Spasskaja-toring, links, en die St. Basilius-katedraal, regs, ná ’n sneeustorm in Moskou, Rusland. ‘n Sneeustorm wat die hele naweek geduur het, het vertraging van vlugte en kragonderbrekings in die stad en nabygeleë dorpe veroorsaak. Owerhede het selfs ’n sneeudag verklaar – ’n ongewone gebeurtenis in die Russiese hoofstad. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Recep Tayyip Erdogan, die Turkse president, en sy vrou, Emine Erdogan, se motor ry Maandag verby die Switserse- wagte by hul aankoms by die San Damaso- plein voor hul oudiënsie met pous Franciskus in die Vatikaanstad. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Lauri Love, die Fins-Britse aktivis wat deur 99 jaar tronkstraf en eensame aanhouding in die VSA in die gesig gestaar is nadat hy aangekla is dat hy data van verskeie Amerikaanse regeringsinstellings gesteel het, Maandag in ’n goeie luim buite die koninklike geregshof in Londen, Engeland. Love se appèl teen sy uitlewering was suksesvol. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Mense koop vleis by ’n mark voor die lentefees in Tangshan in China se noordelike Hebei-provinsie. (Foto: Yang Shiyao, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.