Die wêreld in foto’s – 5 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Feesgangers besoek die Chinese fees van lig wat tot 24 Februarie in Kalemegdan-park in die middestad van Belgrado, Serbië, aangebied word ter viering van die Chinese Nuwejaar. (Foto: Predrag Milosavljevic, Xinhua)

’n Bejaarde vrou loop met ’n masker wat haar gesig bedek in ’n straat in Boekarest, Roemenië. Dié land se departement van gesondheid het onlangs die uitbreking van ’n landwye griep-epidemie bevestig. Soveel as 72 sterftes word daagliks aangemeld. (Foto: Gabriel Petrescu, Xinhua)

’n Foto geneem met stadige sluiterspoed van die motorligte van pendelaars wat reis na Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Catherine O’Hara woon die Hollywood Reporter se 2019 Oscar-benoemingsgeleentheid in die Beverly Wilshire Hotel in Beverly Hills by. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Die 72-jarige Cher tree op tydens die “Here We Go Again”-toer by die KFC Yum!-sentrum in Louisville in die Amerikaanse deelstaat Kentucky. (Foto: Amy Harris, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Asjas ·

Sjoe maar Cher lyk goed vir haar 72 jaar. Groot geword met haar musiek. “If I could turn back time” steeds een van my gunstelinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.