Die wêreld in foto’s – 5 Januarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Klereverkoper op ʼn koue oggend in Srinagar, somerhoofstad van Kasjmir. (Foto: Javed Dar, Xinhua)

Pikkewyne in die sneeu by die Harbin Polarland in die Noordooste van China. (Foto: Wang Jianwei, Xinhua)

Indiese vroue-arbeiders op ʼn bouperseel op ʼn koue oggend in Indië. Die noordelike dele van dié land is tans in die greep van winterweer. (Foto: RS lyer, AP)

Lede van die organisasie verslaggewers sonder grense (RSF) Vrydag tydens ʼn protesoptog voor die Turkse ambassade in Parys. Die betogers het die vrylating van Turkse joernaliste geëis. Pres. Recep Tayyip Erdogan van Turkye voer tans samesprekings met die Franse president, Emmanuel Macron, in Parys. (Foto: Thibault Camus, AP)

ʼn Kind soen die hand van die Swart Nasarener-standbeeld in ʼn Rooms-Katolieke Kerk in Manila, Filippyne. (Foto: Bullit Marquez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.