Die wêreld in foto’s – 5 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kambodja se Koning Norodom Sihamoni (links voor) word gegroet deur eerste minister, Hun Sen (tweede van regs), saam met sy vrou, Bun Rany (middel regs) en minister van binnelandse sake, Sar Kheng (middel links agter), by die Phnom Penh Internasionale lughawe in Kambodja. Koning Sihamoni het Kambodja gister verlaat vir ʼn mediese ondersoek in Beijing, China. Foto: Heng Sinith via AP/ wire.africannewsagency.com

Plaaswerkers dans halfnaak in die straat tydens ʼn protesoptog in Reformalaan in Mexikostad. Die betogers versoek ʼn vergadering met minister van binnelandse sake, Miguel Angel Osorio Chong, om hul klagtes aan hom voor te lê. Foto: Tomas Stargardter via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Kind dra ʼn hulppakket by ʼn tydelike kamp vir migrante en vlugtelinge, ʼn paar meter van die Hongaarse grens in Horgos, Serwië. Honderde vlugtelinge kamp by die Serwies-Hongaarse grens in die somerhitte met beperkte lopende water, waar hulle onsekere vooruitsigte het, terwyl die EU Hongarye voorberei om nuwe, strenger asielreëls te implementeer. Marko Drobnjakovic via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Kind neem deel aan ʼn kinder-fietsparade by Long Beach in Los Angeles, Kalifornië, op Onafhanklikheidsdag in die VSA. Foto: Xinhua/Jiang Jiajun/ wire.africannewsagency.com

ʼn Verkoper by die hoofmark in Gaza, Palestina, verkoop lekkers voor die Eid al-Fitr fees wat die einde van die heilige maand van Ramadan vier. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

ʼn Verkoper by die hoofmark in Gasa, Palestina, verkoop lekkers voor die Eid al-Fitr fees wat die einde van die heilige maand van Ramadan vier. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

Inwoners probeer van hul besittings uit hul huise in Shucheng-streek in Oos-China se Anhui-provinsie red. Reënstorms het sedert 2 Julie dié streek geteister en het ʼn breuk in die dyk van die Fenglerivier veroorsaak. Meer as 10 000 mense moes verskuif word. Foto: Xinhua/Zhang Xiangyang(lfj)/ wire.africannewsagency.com

Israeliese eersteminister, Benjamin Netanyahu (tweede van links), inspekteer ʼn erewag by die parlement in Nairobi, Kenia. Netanyahu is in Kenia as deel van sy vier-nasie toer in Afrika. Foto: Sayyid Abdul Azim via AP/ wire.africannewsagency.com

Die kiste van slagoffers, wat in verlede naweek se aanval op ʼn restaurant in Bangladesj oorlede is, kom aan by Haneda-lughawe in Tokio. Die lyke van die Japannese slagoffers het vroeg vanoggend in Tokio op ʼn Japannese regeringsvliegtuig aangekom. Foto: Naohiko Hatta/Kyodo News via AP/ wire.africannewsagency.com

Lede van die polisie se bomeenheid ondersoek die plek waar ʼn selfmoord-bomaanvaller homself by die plaaslike polisiehoofkwartier in Sentraal-Java, Indonesië, opgeblaas het. ʼn Vermeende militant is dood in die aanval, ʼn dag voordat die oorwegend Moslem Indonesië en Moslems regoor die wêreld Eid al-Fitr vier. Foto: AP/ wire.africannewsagency.com

Marla Thornton en Steve Levin by Nasa se vuurpyllaboratorium in Pasadena, Kalifornië ,toe die sonkrag-aangedrewe Juno-ruimtetuig om Jupiter begin wentel. Foto: Ringo H.W. Chiu, Pool via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.