Die wêreld in foto’s – 5 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vuurwerk te sien in die lug bokant die Dodger-stadion net voor die bofbalwedstryd tussen Los Angeles se Dodgers en San Diego se Padres in Los Angeles. (Foto: Mark J Terrill, AP)

ʼn Haas hardloop vroegoggend oor ʼn weiland naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Blik op die vulkaan op die Stromboli-eiland in Italië. ʼn Klomp stappers is vasgekeer deur vlamme nadat ʼn vulkaan op dié Siciliaanse eiland uitgebreek het. Volgens ʼn Brasiliaanse toeris het slegs een van die stappers oorleef. (Foto: Salvatore Cavalli, AP)

ʼn Fiets in silhoeët teen kort voor die 2019 Tour de France-fietswedren in Brussel. (Foto: Christophe Ena, AP)

Die Dalai Lama, die Tibettaanse geestelike leier, sit op sy stoel tydens ʼn seremonie by die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Voormalige werknemers van die Sentraal-Tibettaanse administrasie het ʼn plegtigheid bygewoon waartydens voorbidding gedoen is vir die welstand van dié geestelike leier. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.