Die wêreld in foto’s – 5 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Lede van die media wag vir Bill Cosby om by die hof in Norristown op te daag. Cosby se verhoor begin vandag nadat hy van seksuele aanranding aangekla is. Oor die jare is verskeie soortgelyke klagtes teen hom ingedien (AP Foto / Matt Rourke

ʼn Kasjmirse visserman is vroegoggend al op sy pos by die Nigeen-meer in Indië. Die Kasjmir is ʼn groen pieringvormige vallei met vrugteboorde en omring met sneeu in die Himalajas. (AP Foto / Mukhtar Khan)

Carla Suarez Navarro van Spanje speel teen Simona Halep van Roemenië tydens die Franse Ope-tennistoernooi in Parys. (AP Foto / Michel Euler)

Ongeveer 900 ruiters neem deel aan ʼn optog vir die Pinksterfees naby Bad Koetzing in Duitsland. (Armin Weigel / dpa via AP)

Polisiebeamptes in Londen loop tussen blomme deur wat as huldeblyk op die Londen-brug neergesit is. Verskeie mense is dood en meer as 40 beseer ná ʼn terreuraanval op dié brug. Talle verdagtes is ook reeds in hegtenis geneem en die polisie is besig met ʼn deeglike ondersoek na die voorval. (AP Foto/ Alastair Grant)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.