Die wêreld in foto’s – 5 Junie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sonsopkoms oor ʼn snelweg naby Frankfurt, Duitsland. (Foto: Mchael Probst, AP)

Palestyne vier Eid al-Fitr by die Rotskoepel in Jerusalem. Dié fees vind plaas aan die einde van Ramadan, die maand waartydens Moslems van sonop tot sononder vas. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Pous Franciskus groet gelowiges tydens sy weeklikse oudiënsie op die St. Petrus-plein in die Vatikaan. (Foto: Andrew Medichini, AP)

ʼn Werker vee ʼn hondebeeld af buite ʼn luukse klerewinkel wat tans onder konstruksie is in ʼn gewilde winkelsentrum in Beijing. Ondanks die handelsoorlog met die VSA het China se pres. Xi Jinping vertroue in die veerkragtigheid van die Chinese ekonomie. (Foto: Andy Wong, AP)

Hierdie lugfoto wys oorstromings wat Dinsdag langs die Arkansas-rivier in Pine Bluff, Arkansas, in die VSA voorgekom het. (Foto: DroneBase, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.