Die wêreld in foto’s – 5 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Fietsryer ry Maandag in die sneeu deur die strate van Kopenhagen, waar die temperatuur tot -1 grade Celsius gedaal het. Aanhoudende sneeu en bibbertoestande wat deur ’n Siberiese kouefront veroorsaak is, het meegebring dat die suide van Denemarke oor die naweek met swaar sneeuval getref is. (Foto: Mads Claus Rasmussen, AP)

ʼn Toeris neem ʼn foto ná die daaglikse hys van die vlag om dagbreek op die Tiananmen-plein – net voor die openingsessie van China se Nasionale Volkskongres by die nabygeleë Groot Saal van die Mense in Beijing. China se regering het Maandag belowe om groei te lewer asook gevorderde tegnologie te beoefen en militêre besteding aan te moedig. Die publiek is verder aangemoedig om president Xi Jinping se regering te aanvaar, aangesien die seremoniële wetgewer gereed maak om veranderinge aan te bring om hom toe te laat om onbepaald aan bewind te bly. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ʼn Model dra ʼn skepping van die ontwerper Stella McCartney se 2018/2019 gereed-vir-dra-winterreeks wat Maandag in Parys, Frankryk, bekendgestel is. (Foto: Francois Mori, AP)

Kasjmiri’s woon die begrafnis van Suhail Ahmad by in die dorpie Pinjura, 52 km suid van Srinagar, Kasjmir. Talle betogings het Maandag oor dié land gewoed, wat gelei het tot regeringsmagte wat traangas moes afvuur en betogers wat klippe gegooi het. Tien duisende betogers het die strate van die betwiste Himalaja-streek ingevaar nadat soldate vier burgerlikes en twee verdagte militante vermoor het. (Foto: Mukhtar Khan, AP)

Theresa May, die Britse eerste minister, Maandag in aksie tydens ʼn toespraak in Londen. Dié toespraak het op nuwe behuisingsontwikkelings gefokus. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dinarie ·

Sjoe, ek het nie besef dat -1 graad Celcius so koud is dat dit selfs sneeu veroorsaak in Kopnhagen.
Wonder nou hoe koud was dit as die ryp om 0700, wanneer ek werktoe gaan, nog dik op die grasperk lê en van my plante swartryp skade opdoen het
Hier waar my mense woon verys en soms bars waterpype in die winter vanweë die koue.
Nou het ek nie termometer nie en seker het die temperatuur nog nie so laag as – 1 graad Celcius gedaal nie. Ek het ook nog nooit sneeu sien val hier waar ek woon nie. Seker word dit nie koud genoeg in Gauteng daarvoor nie.
Nou wonder ek maar net hoe koud dit regtig hier word. Dit word klaarblyklik baie koud in Kopenhagen met al die baie sneeu daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.