Die wêreld in foto’s – 5 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Deelnemer van die Unidos do Viradouro- sambaskool Sondag tydens een van die karnavaloptogte in die Sambadrome in Rio de Janeiro, Brasilië. Die Rio-karnaval wat vyf dae duur kom môre tot ʼn einde. (Foto: Li Ming, Xinhua)

Brandbestryders probeer om ’n veldbrand naby Yinnar in Gippsland, Victoria, te blus. Die veldbrand is Vrydagmiddag deur weerlig begin. Honderde noodwerkers is ontplooi om die brand te probeer blus. Australiese amptenare in die staat Victoria het gesê dat 38 brande woud en plaasgrond, asook nege huise en ander geboue, onder meer ’n wynmakery, sedert Vrydag in puin gelê het. (Foto: David Crosling, AP)

Los Angeles Lakers se LeBron James (23) teken punte aan teen Los Angeles Clippers se JaMychal Green (4) en Montrezl Harrell (5) tydens die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstryd in Los Angeles. (Foto: Marcio Jose Sanchez, AP)

TV-joernaliste doen voorbereiding voor die Tokio-aanhoudingsentrum waar die voormalige Nissan-voorsitter, Carlos Ghosn, aangehou is. Ghosn is ná byna vier maande in aanhouding vrygelaat op borgtog van 1 miljard jen (sowat R126 miljoen), wat Dinsdag deur die Tokio-streekshof goedgekeur is. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

’n Lid van ’n etniese minderheidsgroep met ’n kleurvolle hoofbedekking verlaat Dinsdag die Groot Volksaal ná die opening van China se nasionale volkskongres in Beijing. (Foto: Andy Wong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.