Die wêreld in foto’s – 5 Mei 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Te midde van dié regulasies is daar steeds lande waar mense die natuurskoon kan geniet.

Fietsryers neem ʼn foto tydens die sonsondergang in San Antonio, VSA. (Foto: Eric Gay, AP)

Wolke gloei in die sonsondergang in Tulsa, VSA. (Foto: John Clanton/Tulsa World, AP)

ʼn Man op rolskaatse geniet die sonsondergang oor die Middellandse See in Tel Aviv, Israel. (Foto: Ariel Schalit, AP)

Mense hou hul afstand van mekaar tydens die sonsondergang op Ocean Beach in San Diego, VSA. (Foto: Gregory Bull, AP)

ʼn Man verstel sy gesigsmasker terwyl hy die sonsondergang kyk in San Diego, VSA. (Foto: Gregory Bull, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.