Die wêreld in foto’s – 5 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Herder jaag kuddes aan by Gamo Gofa in die suidelike streekstaat van Ethiopië. (Foto: Lyu Shuai, Xinhua)

Soldate wag Maandag vir die aankoms van die Franse president, Emmanuel Macron, tydens ʼn seremonie wat deel vorm van die eeufeesvieringe van die Eerste Wêreldoorlog in Morhange, Oos-Frankryk. Macron sal dié week van die 100ste herdenking van die einde van die Eerste Wêreldoorlog laat afskop. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Vis te sien in die vlak water in Niue. Niue, ook bekend as die “Rock”, is een van die grootste koraaleilande met ontsagwekkende kranse en interessante grotte oortrek met seelewe. (Foto: Guo Lei, Xinhua)

Russiese soldate geklee in die Rooi Leër (Tweede Wêreldoorlog) se winteruniforms, repeteer Maandag voor ʼn parade wat Woensdag in die Rooi Plein in Moskou, Rusland, sal plaasvind. Dié parade sal die 77ste herdenking vier van die destydse Tweede Wêreldoorlog-parade van 7 November 1941 wat ook op dié plein plaasgevind het. (Foto: Alexander Zemlianichenko, AP)

ʼn Britse personeellid poseer Maandag vir fotograwe langs ʼn uitstalling getiteld Ek is Ashurbanipal: Koning van die Wêreld, Koning van Assirië by die Britse Museum in Londen. Dié uitstalling, wat van 8 November tot 24 Februarie plaasvind, handel oor die laaste groot koning van die Assiriese Ryk wat in die sewende eeu in Ninevé, Irak, regeer het. (Foto: Matt Dunham, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.