Die wêreld in foto’s – 5 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Philadelphia se Raul Neto (19) probeer Phoenix Suns se Ricky Rubio (middelregs) verdedig terwyl hy ’n doel probeer gooi tydens die eerste ronde van ’n NBA-basketbalwedstryd in Phoenix. (Foto: Ross D Franklin, AP)

Pres. Donald Trump groet Kentucky se goewerneur, Matt Bevin, tydens ’n veldtog-saamtrek in Lexington, Kentucky. (Foto: Susan Walsh, AP)

Leerders hou ’n optog buitekant die Indiese departement van omgewingsake teen die kommerwekkende vlakke van besoedeling in Nieu-Delhi, Indië. Vlakke van lugbesoedeling in Nieu-Delhi en die Noord-Indiese state is veral hoog in wintermaande wanneer boere landerye aan die brand steek om die grond voor te berei vir die volgende oesseisoen. Vlakke van lugbesoedeling is ook hoër ná die Diwali-viering, die Hindoe-fees van lig, wanneer mense vuurwerke afvuur. (Foto: Shonal Ganguly, AP)

’n Betoger hou ’n landsvlag van Irak in die lug tydens protesoptogte teen die regering in Bagdad, Irak. Betogers het brande gestig terwyl die veiligheidsmagte skerp ammunisie en traangas afgevuur het om die betogings te bekamp. (Foto: Khalis Mohammed, AP)

Brittanje se eerste minister, Boris Johnson, praat tydens ’n kabinetsvergadering in Downingstraat 10, in die middel van Londen. Hy het gesê indien die Konserwatiewe Party die 12 Desember-peiling wen, sal hy die parlement sover kry om die skeidingsooreenkoms met die Europese Unie te bekragtig. (Foto: Tolga Akmen, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.