Die wêreld in foto’s – 5 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Man was homself Vrydag buite ’n moskee wat beskadig is gedurende ’n massiewe aardbewing en tsoenami in Palu, Sentraal-Sulawesi, Indonesië. Franse reddingswerkers sê hulle kon geen moontlike teken van lewe vind onder die puin van ’n hotel wat ’n week gelede in die aardbewing in duie gestort het nienadat hulle aanvanklik vermoed het dat daar moontlik oorlewendes onder die puin begrawe is. (Foto: Aaron Favila, AP)

’n Hond tydens ’n erkenningseremonie in Bogoto, Columbia. Die seremonie gee erkenning aan die werk van die honde en perde wat in Bogota diens doen. (Foto: Jhon, Xinhua)

’n Argeoloog werk aan ’n huis wat tydens die uitgrawingswerk in Pompeii, Italië, ontdek is. Argeoloë wat naby Porta Vesuvio werk, het ’n sierlik geverfde huis met ’n “betowerde tuin” ontdek wat onder die puin begrawe was toe Vesuvius in 79 nC uitgebars het. (Foto: Ciro Fusco, AP)

’n Man met ’n plakkaat van die vermiste Saoedi-skrywer Jamal Khashoggi naby die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanbul. Khashoggi, ’n 59-jarige veteraanjoernalis wat in ballingskap in die VSA gewoon het, het 2 Oktober tydens ’n besoek aan die konsulaat om dokumente te kry om met sy Turkse verloofde te trou, verdwyn. (Foto: Emrah Gurel, AP)

Kunstenaars van die noordweste van China se Shanxi-provinsie hou ’n alternatiewe vuurwerkvertoning deur gesmelte yster in die lug te gooi in Huaibei, Oos-China se Anhui-provinsie. (Foto: Wan Shanchao, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.