Die wêreld in foto’s – 5 Oktober 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het oorstromings groot skade aangerig in dele van Frankryk se suidoostelike streek en die noordweste van Italië.

ʼn Storm het Vrydag en Saterdag deur dié twee lande beweeg en die lewe van inwoners van die bergagtige gebiede van Alpes-Maritimes in Frankryk asook Ligurië en Piëmont in Italië, ontwrig.

Inwoners besig met opruimingswerk nadat ʼn storm oorstromings in Frankryk en Italië veroorsaak het. (Foto: Daniel Cole, AP)

ʼn Motor is deur vloedwater in die Roya-rivier by Breil-sur-Roya in Frankryk, naby die grens van Italië, meegesleur. (Foto: Daniel Cole, AP)

Beskadigde motors is deur skoonmaakspanne in Breil-sur-Roya in Frankryk op mekaar gestapel . (Foto: Daniel Cole, AP)

ʼn Helikopter bied hulpverlening in Ornavasso in die Noord-Italiaanse streek Piëmont nadat die dorp oorstroom is. (Foto: Vigili del Fuoco, AP)

Brandweermanne red vasgekeerdes uit ʼn huis te midde van oorstromings in Piëmont. (Foto: Vigili del Fuoco, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae