Die wêreld in foto’s – 5 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland en pres. Barack Obama van die VSA knoop ʼn geselsie aan by die G-20 byeenkoms in Hangzhou, China. Foto: Alexei Druzhinin/Sputnik, Kremlin Pool Photo via AP/wire.africannewsagency.com

Vragmotorbestuurders, handelaars, boere en dokwerkers van Calais in die noorde van Frankryk, besig om ʼn hoofweg te versper uit protes teen die vlugtelingkamp in dié dorp. Dié kamp, waar gemoedere hoog loop en waarna verwys word as die “oerwoud”, is besig om uit sy nate te bars. Foto: Michel Spingler/wire.africannewsagency.com

Filippynse polisiebeamptes in Paranaque, suid van Manilla, op soek na vier verdagtes wat betrokke was by ʼn bomontploffing by ʼn besige nagmark in Davao waarin 14 mense dood en 67 beseer is. Foto: Aaron Favila/wire.africannewsagency.com

ʼn Instrumentmaker in Mongolië besig om te wys hoe tradisionele strykinstrumente gemaak word. In die noorde van China word 6 September geoormerk vir die viering van die Mongolese kultuur. Foto: Xinhua/Deng Hua (zwx)/wire.africannewsagency.com

Novak Djokovic van Serwië vier sy oorwinning oor Kyle Edmund van Brittanje tydens die vierde rondte van die mans-enkelspel op die Amerikaanse Ope in New York. Djokovic het met 3-0 gewen. Foto: (Xinhua/Qin Lang)(hcs)/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HV ·

Maroela jul voer ons met n foto wat ge foto shop is van Putin en Obama. Ek sou dink n foto waar die Chinese vir Obama n punt gesteek het om hom by die agter my kant van die vliegtuig te laat uitklim sonder n rooi tapyt sou meer nuus waardig wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.