Die wêreld in foto’s – 6 April 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Ondersteuners van die voormalige Suid-Koreaanse president Park Geun-hye stort trane tydens ʼn saamtrek naby die Seoel- sentrale distrikshof in Seoul, Suid-Korea, ter ondersteuning van die voormalige president se vrylating. Park is amptelik skuldig bevind en Vrydag, ʼn jaar nadat sy uit haar amp onthef en in hegtenis geneem is oor ʼn korrupsieskandaal wat tot maande se massiewe straatbyeenkomste gelei het, tot 24 jaar tronkstraf gevonnis. (Foto: Yun Dong-jin, AP)

Toeskouers juig tydens ʼn voorlopige ronde van die mans-strandvlugbalwedstryd tussen Skotland en Sri Lanka by die Coolangatta-strand tydens die 2018 Statebondspele aan die Goue Kus in Australië. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ʼn Boer werk in ʼn kweekhuis in Kangzhuang-stad, geleë in die Yanqing-distrik in Beijing, China. (Foto: Li Xin, Xinhua)

Jaroslaw Kaczynski, die leier van Pole se regerende party, Reg en Geregtigheid, praat tydens die inhuldiging van ʼn gedenkteken vir die Smolensk-vliegtuigongeluk in Budapest, Hongarye. Dié ongeluk van ʼn Poolse regeringsvliegtuig in 2010 het 96 lewens aan boord geëis, insluitende dié van die Poolse president, Lech Kaczynski. (Foto: Darko Vojinovic, AP)

Andreas Seppi van Italië slaan Vrydag ʼn bal terug na Frankryk se Lucas Pouille gedurende hul Davisbeker-kwarteindronde in Genoa, Italië. (Foto: Luca Zennnaro, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.