Die wêreld in foto’s – 6 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Só lyk die gebied rondom die bekende Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne waar meer as 100 ha sedert Saterdag gebrand het.

ʼn Bos brand in die gebied rondom die Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne. Dié kragsentrale is in 1986 ontruim nadat ʼn ontploffing die gebied radioaktief gemaak het. (Foto: Yaroslav Yemelianenko, AP)

Die omgewing naby die dorp Volodymyrivka in die Oekraïne is met ʼn wolk rook bedek nadat twee bosbrande Saterdag uitgebreek het. (Foto: Emergency Situation Ministry, AP)

ʼn Geiger-meter toon verhoogde vlakke van bestraling terwyl die bosbrand naby die Tsjernobil-kernkragstasie steeds woed. (Foto: Yaroslav Yemelianenko, AP)

ʼn Bos brand in die gebied rondom die Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne. (Foto: Yaroslav Yemelianenko, AP)

Brandweermanne probeer twee bosbrande blus wat naby die Tsjernobil-kernkragstasie uitgebreek het. (Foto: Yaroslav Yemelianenko, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vriendelike Frikkie ·

Gaan kyk op Google streetview hoe die natuur Tsjernobil teruggeneem het na die meeste mense weg is daar. Die natuur laat hom nie deur die mens se glipsies onderkry nie. Die paar mense wat daar bly ervaar seker elke dag as vakansie. Wens ek kon daar gaan bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.