Die wêreld in foto’s – 6 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Laventelstruik groei in ʼn tuin naby Langley, Washington DC, tussen ander kruieplante en sierblomme. Dit is wetenskaplik bewys dat hierdie plant insekte weghou, maar biochemici glo nie dat dit so doeltreffend is nie. (Foto: Dean Fosdick, AP)

ʼn Trop skape steek die bergterrein in Flaesch, Switserland, oor net onder die piek (2 562 m bo seespieël). Tydens die sogenaamde Schafuebergang dwaal 1 500 skape van een weiding na ʼn ander, en steek dan die steil en nou bergroete oor. (Foto: Gian Ehrenzeller, AP)

Greg Zanis plaas kruise ter herinnering aan die slagoffers van die massaskietery by ʼn winkelsentrum in El Paso, Texas. (Foto: John Locher, AP)

Australië se kaptein Tim Paine (middel) lei sy span terug na die paviljoen vir middagete tydens die vyfdag-krieketwedstryd teen Engeland by Edgbaston in Birmingham, Engeland. (Foto: Rui Vierira, AP)

ʼn Maleisiese polisiehelikopter neem deel aan die soektog na ’n 15-jarige meisie van Londen. Nora Quoirin het die naweek in die Dusun-oord in Maleisië vermis geraak. Die polisie het helikopters en snuffelhonde ingespan tydens ʼn uitgebreide soektog na Nora. (Foto: Lai Seng Sin, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.