Die wêreld in foto’s – 6 Desember 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Polisiebeamptes wag om die huis van die Britse premier, Theresa May – Downingstraat 10 – binne te gaan. Die polisie het vroeër twee mans in hegtenis geneem wat May wou vermoor. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Gemaskerde betogers kom byeen op die negende herdenking van die dag toe die polisie ʼn tiener in Athene doodgeskiet het – ʼn voorval wat een van die grootste oproere in Griekeland se geskiedenis veroorsaak het. (Foto: Yorgos Karahalis, AP)

Pres. Wladimir Poetin spreek die skare toe by die jaarlikse Volunteer of Russia-toekenningsgeleentheid in Moskou, Rusland. (Foto: Alexei Nikolsky, AP)

ʼn Vrou is besig om haar daaglikse take te verrig naby ʼn piramide in Giza in Egipte. (Foto: Nariman El-Mofty, AP)

Besoekers in Beijing in China verkyk hulle aan die skemerlig. (Foto: Ma Zhihong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.