Die wêreld in foto’s – 6 Desember 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sipresbome by die Chishanmeer Nasionale Vleilandpark in die Lai’an County, Anhui-provinsie in Oos-China. Dié soort bome help nie net om water- en gronderosie te voorkom nie, maar lok ook verskeie soorte voëls. (Foto: Cao Li, Xinhua)

Studente praat met polisiebeamptes by ’n brandende vullisdrom buite hul skool in Bayonne in Suidwes-Frankryk. Betogende studente ontwrig Donderdag skole en universiteite in dié land omdat hulle op groter belastingbesnoeiings en staatshulp aandring. (Foto: Bob Edme, AP)

‘n Jordaanse herder jaag ‘n trop bokke aan in Ajloun, noord van Amman in Jordanië. (Foto: Mohammad Abu Ghosh, Xinhua)

’n Gemaskerde jong man skop Donderdag ’n traangashouer in die Griekse stad Thessaloniki tydens ’n byeenkoms ter herdenking van die dood van ’n 15-jarige student in 2008. Studente het optogte in verskeie dorpe in die land gehou op die tiende herdenking van die noodlottige polisieskietaanval op ’n tiener in Athene. Dié voorval het die ergste oproer in jare in dié land tot gevolg gehad. (Foto: Giannis Papanikos, AP)

Stapfigure wat die ontslape Amerikaanse rock-legende Elvis Presley uitbeeld, verskyn Donderdag op ’n verkeerslig wat van groen na rooi verander in Friedberg naby Frankfurt, Duitsland. Presley het vanaf Oktober 1958 tot Maart 1960 in Friedberg as ’n soldaat in die Amerikaanse weermag diens gedoen. (Foto: Michael Probst, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.