Die wêreld in foto’s – 6 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Palestynse seun speel in die branders tydens sononder in Gasa-stad. (Foto: Stringer, Xinhua)

Vuurwerk ter viering van die Chinese Nuwejaar word afgevuur tydens ʼn fees in Marina Bay in Singapoer. (Foto: Then Chih Wey, Xinhua)

Christoph Waltz en Rosa Salazar wat albei rolle vertolk in Alita: Battle Angel, kom Dinsdag in Los Angeles by die première van dié fliek aan. (Foto: Jordan Strauss, AP)

Andrea Dovizioso van Italië op sy Ducati tydens die MotoGP- voorseisoense toetsrit op die Sepang-baan in Sepang, Maleisië. (Foto: Vincent Phoon, AP)

Pres. Donald Trump vertrek ná afloop van sy staatsrede tydens ʼn gesamentlike sessie van die Amerikaanse kongres op Capitol Hill in Washington. (Foto: Andrew Harnik, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.