Die wêreld in foto’s – 6 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Dié foto (met vergunning van die New Yorkse openbare biblioteek) toon ʼn afskrif van ʼn bladsy uit die sogenaamde Groen Boek van 1963. Swart reisigers het dekades lank ʼn gids wat bekend gestaan het as die Groen Boek nodig gehad om die paar motelle en restaurante wat hulle sou bedien op te spoor. ʼn Skrywer hoop om die aandag te vestig op sakeondernemings langs die historiese Roete 66 wat eens ʼn veilige hawe vir swart reisigers gebied het. New York Public Library via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Suid-Koreaanse marine-K1-vegwa tydens ʼn gesamentlike militêre oefening tussen Suid-Korea en die VSA in Pohang, Suid-Korea. Ongeveer 800 Suid-Koreaanse en 500 Amerikaanse seesoldate gestasioneer in Okinawa, Japan, het volgens die Suid-Koreaanse weermag aan die oefening deelgeneem. Foto: Kim Joon-bum/Yonhap via AP/ wire.africannewsagency.com

Betogers kom byeen in Baton Rouge, Los Angeles, nadat Alton Sterling vroeg gisteroggend deur polisie van Baton Rouge doodgeskiet is. ʼn Nadoodse ondersoek het aangedui Sterling is gister dood aan verskeie skietwonde in sy bors en rug. Die Baton Rouge-polisie het gesê beamptes het ʼn anonieme oproep ontvang van iemand wat gesê het ʼn man met ʼn rooi hemp aan en wat CD’s verkoop het, het hom met ʼn vuurwapen gedreig. Foto: Hilary Scheinuk/The Advocate via AP/ wire.africannewsagency.com

Betogers hou ʼn groot banier buite die Koningin Elizabeth II-konferensiesentrum in Londen, kort voor die publikasie van die Chilcot-verslag oor die oorlog in Irak. Dertien jaar nadat Britse troepe in Irak ontplooi is en sewe jaar nadat hulle ʼn land wat nog vasgeval was in geweld verlaat het, probeer dié amptelike verslag ʼn antwoord bied op die vraag: Wat het verkeerd gegaan? John Chilcot publiseer vandag sy verslag van sowat 2,6 miljoen woorde oor die verdelende oorlog en die chaotiese gevolge daarvan. Die publikasiedatum van die verslag is lank uitgestel. Foto: Matt Dunham via AP/ wire.africannewsagency.com

Pous Franciscus ontmoet Nick en Jodi Salomo, die ouers van Beau Salomo, ʼn Amerikaanse kollege-student wie se liggaam vroeër dié week in Rome se Tiberrivier gevind is. Die pous het sy meegevoel met die ouers betuig. Foto: L’Osservatore Romano / wire.africannewsagency.com

Vanjaar se San Fermin-fees in Pamplona in die noorde van Spanje begin met die afvuur van die “chupinazo”, vuurwerk waarmee dié jaarlikse fees ingelui word. Dié fees duur agt dae en sluit benewens tamatiegooiery ook die beroemde vlug voor die bulle deur die strate van Pamplona in. Foto: Alvaro Kink via AP/ wire.africannewsagency.com

Reddingswerkers dra ʼn bejaarde na die ambulans nadat ʼn brand uitgebreek het in New Taipei City, Taiwan. Minstens drie mense is dood en talle beseer toe ʼn brand vroeg vanoggend by ʼn sorgsentrum vir bejaardes uitgebreek het. Die brand het op die agtste vloer van die gebou uitgebreek en sowat 40 mense was in die sentrum vasgekeer. Brandweermanne het die brand binne 40 minute geblus. Foto: Xinhua / wire.africannewsagency.com

ʼn Weermagbeampte beduie sukses voor die Olimpiese watersportstadion ná die inwerkingstelling van die geïntegreerde sekuriteitsmag vir die Rio 2016-spele in Rio de Janeiro, Brasilië. Brasilië se top-sekuriteitsmag het amptelik beheer van sekuriteit by die lokale vir die Rio 2016-spele aanvaar, ʼn maand voor die Spele begin. Foto: Xinhua/Li Ming/ wire.africannewsagency.com

ʼn Kunstenaar neem deel aan die jaarlikse optog van Ommegang op die Grand Place in Brussel, België se hoofstad. Die optog gedenk die binnekoms van die heilige Romeinse keiser Charles V in Brussel in 1549. Foto: Xinhua/Gong Bing/ wire.africannewsagency.com

Palestyne tydens die Eid al-Fitr-gebede in Gaza. Moslems regoor die wêreld vier tans Eid al-Fitr wat die einde van die heilige maand Ramadan aandui. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

Palestyne tydens die Eid al-Fitr-gebede in Gasa. Moslems regoor die wêreld vier tans Eid al-Fitr wat die einde van die heilige maand Ramadan aandui. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.