Die wêreld in foto’s – 6 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Chris Froome van Brittanje, die fietsryer wat die Tour de France vier keer gewen het, daag Vrydag by ʼn oefening naby Saint-Mars-la-Reorthe in Frankryk op. Die Tour de France-fietswedren begin Saterdag. (Foto: Peter Dejong, AP)

Die Engelse hoofafrigter, Gareth Southgate, woon ’n amptelike oefeneningsessie van sy span by in Zelenogorsk naby St. Petersburg in Rusland op die vooraand van die kwarteindstryd tussen Engeland en Swede in die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi. (Foto: Dmitri Lovetsky, AP)

Die koala-beer Oobi-Ooobi sit in ʼn boom en gaap in die Leipzig-dieretuin in Duitsland. (Foto: Jan Woitas, AP)

TV-skerms by ʼn elektriese toestel-winkel vertoon beeldmateriaal van die kultusleier, Shoko Asahara, in nuusberigte in Urayasu naby Tokio. Asahara en ses volgelinge is Vrydag tereggestel vir hul aandeel aan ʼn dodelike aanval op die Tokio-metro in 1995 asook ander misdade. (Foto: AP)

Tibettaanse studente in tradisionele kostuums wag vir hul beurt om op te tree tydens ʼn geleentheid wat die 83ste verjaardag van die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, vier in die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Honderde Tibettane het Vrydag deelgeneem aan dié viering wat optredes van tradisionele Tibettaanse opera en danse insluit. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.