Die wêreld in foto’s – 6 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

•Filippynse Moslems besig om te bid op die eerste dag van Ramadan in die Masjid al-Dahab-moskee in Manila. Foto:AP Photo / Rouelle Umali/www.africannewsagency.com

Filippynse Moslems besig om te bid op die eerste dag van Ramadan in die Masjid al-Dahab-moskee in Manila. Foto: AP Photo / Rouelle Umali/www.africannewsagency.com

•ʼn Ma met haar baba terwyl sy verby ʼn groep plakkers loop wat teen die afbreek van hulle huise in Quezon in die Filippyne betoog. Foto: AP Photo / Bullit Marquez/ www.africannewsagency.com

ʼn Ma met haar baba terwyl sy verby ʼn groep plakkers loop wat teen die afbreek van hulle huise in Quezon in die Filippyne betoog. Foto: AP Photo / Bullit Marquez/ www.africannewsagency.com

•Novak Djokovic van Serwië spog met sy Franse Ope-tennistrofee tydens ʼn fotosessie by die Place de la Concorde in Parys. Djokovic het Brittanje se Andy Murray in vier stelle met 3-6, 6-1, 6-2, 6-4 geklop. Foto: AP Photo /Thibault Camus/ www.africannewsagency.com

Novak Djokovic van Serwië spog met sy Franse Ope-tennistrofee tydens ʼn fotosessie by die Place de la Concorde in Parys. Djokovic het Brittanje se Andy Murray in vier stelle met 3-6, 6-1, 6-2, 6-4 geklop. Foto: AP Photo /Thibault Camus/ www.africannewsagency.com

•ʼn Lugfoto van die vuurwerkvertoning by die Shanghai Disney-oord in China. Shanghai Disneyland begin vandag die tien dae tot die oord se opening op 16 Junie aftel. Foto: AP Photo / Niu Yixin/ www.africannewsagency.com

ʼn Lugfoto van die vuurwerkvertoning by die Shanghai Disney-oord in China. Shanghai Disneyland begin vandag die tien dae tot die oord se opening op 16 Junie aftel. Foto: AP Photo / Niu Yixin/ www.africannewsagency.com

•Donald Trump, die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat, spreek ondersteuners en deelnemers aan ʼn motorfietswedren toe tydens ʼn geleentheid wat deur Rolling Thunder gereël is by die Lincoln-gedenkteken. Foto: AP Photo / Manuel Balce Ceneta/ www.africannewsagency.com

Donald Trump, die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat, spreek ondersteuners en deelnemers aan ʼn motorfietswedren toe tydens ʼn geleentheid wat deur Rolling Thunder gereël is by die Lincoln-gedenkteken. Foto: AP Photo / Manuel Balce Ceneta/ www.africannewsagency.com

•Rokke wat deur prinses Diana gedra is, word vertoon deur ʼn werknemer van Kerry Taylor Auctions in Londen. Dié rokke kom op 14 Junie onder die hamer op die Passion for Fashion-veiling. Die geskatte inkomste uit dié rokke is tussen R1,7 miljoen en R2,1 miljoen. Foto: AP Photo /Stefan Rousseau / www.africannewsagency.com

Rokke wat deur prinses Diana gedra is, word vertoon deur ʼn werknemer van Kerry Taylor Auctions in Londen. Dié rokke kom op 14 Junie onder die hamer op die Passion for Fashion-veiling. Die geskatte inkomste uit dié rokke is tussen R1,7 miljoen en R2,1 miljoen. Foto: AP Photo /Stefan Rousseau / www.africannewsagency.com

ʼn Palestynse man maak tradisionele lekkers op ʼn mark op die eerste dag van Ramadan in Nablus. Foto: AP Photo / Nidal Eshtayeh/ www.africannewsagency.com

ʼn Palestynse man maak tradisionele lekkers op ʼn mark op die eerste dag van Ramadan in Nablus. Foto: AP Photo / Nidal Eshtayeh/ www.africannewsagency.com

Kaido Sirge trek ʼn voertuig tydens die Estlandse sterkmankompetisie in Narva, Estland. Foto: AP Photo / Sergei Stepanov/ www.africannewsagency.com

Kaido Sirge trek ʼn voertuig tydens die Estlandse sterkmankompetisie in Narva, Estland. Foto: AP Photo / Sergei Stepanov/ www.africannewsagency.com

Afrigters tree saam met wit walvisse op by die Haichang-akwarium in Tianjin in Noord-China. Foto: AP Photo/ Xinhua / www.africannewsagency.com

Afrigters tree saam met wit walvisse op by die Haichang-akwarium in Tianjin in Noord-China. Foto: AP Photo/ Xinhua / www.africannewsagency.com

Graduandi van die Southeast-universiteit in Nanjing in China se Jiangsu-provinsie poseer vir ʼn foto op die universiteitskampus. Die universiteit het Maandag sy 114de verjaardag gevier. Foto: AP Photo / Sun Can/ www.africannewsagency.com

Graduandi van die Southeast-universiteit in Nanjing in China se Jiangsu-provinsie poseer vir ʼn foto op die universiteitskampus. Die universiteit het Maandag sy 114de verjaardag gevier. Foto: AP Photo / Sun Can/ www.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.